
Die VF Plus het ʼn klag by die Verkiesingskommissie ingedien teen inligting in ʼn verkiesings-advertensieveldtog van die Demokratiese Alliansie (DA) wat deur die VF Plus as misleidend beskou word. In die veldtog word kiesers hoofsaaklik gewaarsku om nie vir kleiner partye te stem nie, en dat kiesers hul stemme sal verdeel en mors deur vir ʼn kleiner party te stem. Die VF Plus se voorsitter, dr Pieter Groenewald, sê die DA se optrede is `n oortreding van die gedragskode van die Kieswet van Suid-Afrika.Volgens Groenewald is daar ʼn moontlikheid is dat die twee partye na die verkiesing moontlik in sommige munisipaliteite as koalisie-vennote sal moet saamwerk om die ANC uit beheer te hou en beskou hy dit as jammer dat daar tot dié optrede oorgegaan moes word.