Waarheen gaan NFP se stemme?

NFP-logo

Met die National Freedom Party wat nie daarin kon slaag om aan die komende munisipale verkiesing deel te neem nie kan daar groot veranderinge in Natal wag. Alhoewel die NFP se steun drasties gedaal het sedert hulle eerste deelname met die munisipale verkiesing in 2011 is hulle steeds `n redelike groot rolspeler. In 2011 het die NFP bykans 645 000 stemme landswyd gekry wat na ongeveer 289 000 gedaal het in 2014. Die NFP het tans 210 raadslede in Kwa-Zulu Natal en is by 20 koalisieregerings betrokke. Dit is verder interessant dat die koalisies elke keer met die ANC gevorm is en nie met die IVP nie. Selfs in Nongoma waar die IVP 19 raadslede en die ANC 17 gehad het, het die NFP besluit om met hulle ses raadslede eerder `n koalisie met die ANC te vorm.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *