Tonge klap oor Zuma-skildery

Zupta

Die skilder, Ayanda Mabulu, wat al vir verskeie omstrede skilderye verantwoordelik was is weer in die nuus. `n Skildery wat president Jacob Zuma en sy jarelange vriend, Atul Gupta in `n seksuele oomblik uitbeeld vorm deel van sy jongste uitstalling.  Die ANC het by monde van woordvoerder, Zizi Kodwa, die kunswerk as gruwelik beskryf. Kodwa het ook gesê dat Mabulu se skildery nie binne die raamwerk van vryheid van spraak val nie en `n beroep op mediainstansies gedoen om hulle hieroor uit te spreek. `n Ander skildery in dié uitstalling beeld `n slapende president Zuma op `n troon uit met sy privaat dele ontbloot.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *