Die National Freedom Party (NFP) sal nie aan die komende verkiesing kan deelneem nie. Dit volg nadat die kieshof besluit het om die NFP se aansoek om deelname van die hand te wys. Die NFP het versuim om hulle deposito betyds te betaal. Volgens `n woordvoerder van die party, Sabelo Sigudu, het van die party se bejaarde lede hartaanvalle gehad en sommige wou selfmoord pleeg omdat hulle nie vir die NFP sal kan stem nie. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie begin vandag om stembriewe vir die verkiesing te druk. Die NFP se naam sal nie daarop voorkom nie. In die 2011 munisipale verkiesing het die party 644 000 op hom verenig. Die NFP het tans 220 raadslede.