
Die EFF se ondervoorsitter, Moafrica Mabongwana sê dit is `n mite dat die EFF anti-wit is. Die uitlating volg na `n besoek aan Hermanstad in Pretoria waar talle minderbevoorregte Afrikaners woon. Mabongwana het gesê die doel van die besoek was juis om wanpersepsies aan te spreek en te bewys dat hulle bereid is om met enigiemand saam te werk. Volgens Mabongwana is die EFF deur die gemeenskap genooi om hulle probleme aan te hoor. Die probleme sluit in misdaad, dwelms, armoede en behuising. Inwoners soos Evelyn Buys voel dat ander partye hulle in die steek gelaat het en dat hulle bereid is om die EFF `n kans te gee. “Ek glo dat die EFF ons gaan help om die stad se probleme vir eens en vir altyd op te los,”sê Buys.