Madonsela vrees vir haar lewe

thuli-madonsela

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê sy het inligting ontvang dat `n huurmoordenaar opdrag gegee is om haar om die lewe te bring. `n Ingeligte bron het aan haar gesê dat ‘n persoon of persone ingekontrakteer is om haar dood te maak. Madonsela het vroeër vanjaar vir groot opwinding gesorg toe haar verslag oor Nkandla bevind het dat President Jacob Zuma die grondwet ortree het deur nie `n groot deel van die uitgawes aan sy luukse woning terug te betaal nie. Madonsela se woordvoerder, Kgalalelo Masibi, het aan Al Jazeera bevestig dat sy `n teksboodskap gekry het waarin beweer word dat `n Wes-Kaapse bendelid betaal is om `n huurmoordenaar aan te stel om haar om die lewe te bring. Volgens Masibi ken Madonsela die informant persoonlik en beskou sy die inligting as geloofwaardig.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *