DA gaan Mabel Jansen by RDK verkla

DA-logo-round

Mabel Jansen, `n regter van die hooggeregshof in Pretoria, is in die sop nadat `n private aanlyngesprek met die aktivis en joernalis, Gillian Schutte, op Facebook gepubliseer is. Regter Jansen word tans daarvan beskuldig dat sy sou reken dat swart mans is geneig tot verkragting. Die DA het intussen by monde van parlementslid, Glynnis Breytenbach, gesê die saak sal na die Regterlike Dienskommissie verwys sal word. Volgens Breytenbach is dit belangrik dat die RDK op hoogte van al die feite is sodat die saak behoorlik ondersoek kan word. Breytenbach het Regter Jansen se uitlatings as pynlik en vernederend beskryf en gesê dit ondermyn menseregte en skend die land se grondwet.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *