
Enkele stembusse vir diegene wat vir spesiale stemme geregistreer het was nie betyds oop nie. In drie van die gevalle was kiesbeamptes in `n motorongeluk betrokke waarvan een geval ernstig was. `n Ander oorsaak was die feit dat die verkeerde stembriewe by vier stempunte afgelewer is. Laasgenoemde is sedertdien deur koeriers reggestel. Enkele protesaksies het ook veroorsaak dat stempunte nie betyds aan kiesers beskikbaar was nie. `n Totaal van 719 222 aansoeke is vir spesiale stemme goedgekeur waaruit 315 597 (44%) uit tuisbesoeke bestaan en die oorblywende 403 625 (56%) by die stempunte uitgebring kan word.