
Die National Freedom Party (NFP) gaan nie op 3 Augustus aan die munisipale verkiesing kan deelneem nie nadat hulle die Onafhanklike Verkiesingskommissie se afsnydatum vir registrasiefooie misgeloop het. Die party moes `n deposito van R90 000 oorbetaal vir deelname in Kwa-Zulu Natal. Volgens mediaberigte het die tjek wat aan die OVK betaal is gehop. Die aangeleentheid is intussen na verkiesingshof verwys. Die provinsiale hoof van die OVK Mawethu Mosery, het bevestig dat die NFP die afsnydatum vir deposito’s misgeloop het.