In onlangse verwikkelinge het Donald Trump, die pasverkose president van Amerika, sy steun aan Steve Hofmeyr toe gesê. In sy eerste toespraak in Washington sedert sy verkiesing het Trump gesê dat Suid-Afrika se probleme slegs aangespreek kan word deur iemand met die leierskap van Hofmeyr.
Indien jy die eerste paragraaf en die opskrif van die artikel geglo het is jy `n slagoffer van sogenaamde ‘clickbait’-beriggewing. Tot op hede het Trump slegs enkele plasings op twitter geplaas oor Suid-Afrika. Twee daarvan oor die misdaadsituasie hier en `n ander waar hy saam met Nelson Mandela verskyn.
So voor jy weer jy weer `n berig deel maak eers seker van die geloofwaardigheid van jou bron. PolitiekSA sal altyd daarheen streef om vir jou geloofwaardige nuus te bring.