“DA is die beter duiwel” – EFF

Malema+Maimane+EFF+DA

Die EFF sê dat alhoewel hulle nie `n koalisie met die DA of die ANC sal vorm nie hulle op verskeie punte in die komende tyd saam met die DA sal stem. Een van daardie punte is om te verseker dat Danny Jordaan nie die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro sal wees nie. Die EFF het tydens `n mediakonferensie aangekondig dat hulle nie `n amptelike koalisie met die DA of die ANC sal vorm nie. Die EFF het wel gesê dat hulle die DA se kandidate in die Tshwane Metro (Pretoria), Johannesburg, Ekurhuleni en Port Elizabeth sal ondersteun. Die DA is egter ook gemaan om nie aan te neem dat die EFF nou saam met hulle in die bed is nie en is daarop gewys dat hulle tans bloot beskou word as “`n beter duiwel in vergelyking met die ANC”.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *