
Die DA het in `n mediaverklaring daarop gewys dat hulle wil hê dat alle jong Suid-Afrikaners, ongeag hulle agtergrond, die geleentheid wil gun om sportsterre op provinsiale of nasionale vlak te word. "Ons rekord en ons geskrewe insette oor transformasie spreek vir hulle self. Die DA is die mees lojale ondersteuners van transformasie in sport. Ons deel die visie van die vader van ons nasie - Madiba - dat sport die vermoë het om te verenig,"lui die verklaring. Die DA beskuldig ook die Minister van Sport, Fikile Mbalula daarvan dat hy nie transformasie toepas nie maar `n "lui kwotastelsel"implementeer. Volgens die DA het sport in Suid-Afrika nou ondersteuning nodig en nie regeringsinmenging nie.