Is `n koalisie tussen die DA en die EFF moontlik?

Malema+Maimane+EFF+DA

Met die munisipale verkiesing om die draai word daar reeds gespekuleer oor waar die magsbalans kan verander. Alhoewel sommiges reken dat die Tshwane en Johannesburg Metroraad in die DA se hande kan beland is dit Port Elizabeth (Nelson Mandela Metroraad) wat die beste kans staan om na 3 Augustus onder nuwe beheer te wees. Met “beste kans” word bedoel dat, as daar na die stempatrone van 2014 se nasionale verkiesing gekyk word,  die ANC se steun tot onder 50% kan val. Die kanse dat die DA egter 51% van die steun op hom kan verenig en sonder `n vennoot regeer is bitter skraal. Die EFF is al genoem as `n moontlike koalisievennoot alhoewel die DA se burgemeesterskandidaat, Athol Trollip, tydens `n onlangse mediakonferensie daarop gewys het dat daar eers na die verkiesing oor koalisies gepraat sal word. Die vraag bly egter staan wat Helen Zille bedoel het toe sy in 2014 gesê het dat `n koalisie tussen die DA en die EFF onprakties sou wees weens die reuse ideologiese verskille tussen die twee partye. Die vraag is dus of daardie stelling steeds geldig is sedert mev Zille die tuig neergelê het.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *