News24 berig dat inwoners van Atteridgeville aangedui het dat hulle vir die DA sal stem as Kgosientso Ramakgopa, wat ook as Sputla bekendstaan, nie die ANC se burgemeesterskandidaat in die komende munisipale verkiesing is nie. Ramakgopa is tans burgemeester van die Tshwane Metroraad. Thoko Didiza is deur die ANC as burgemeesterskandidaat aangewys nadat faksiegevegte tussen Ramakgopa en sy adjunk, Mapiti Matsena die party begin lamlê het.