Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het aan die nuuskanaal Enca gesê dat diegene wat by die geweld in die informele nedersettings in Pretoria betrokke is nie die ANC verteenwoordig nie maar kriminele is. Enca het hom daarop gewys dat die betogers ANC-hemde dra waarop hy geantwoord het dat dit nie genoeg bewyse is dat die persone deel van die party is nie. Mantashe sê ook dat die ander twee kandidate, die huidige burgemeester, Kgosientso Ramakgopa en sy adjunk, Mapiti Matsena, aanvaar het dat Thoko Didiza die kandidaat sal wees end at hulle ondersteuners ook daarmee moet vrede maak.
Volgens `n woordvoerder van die Tshwane Metropolisie, Isaac Mahamba is een persoon aan die brand gesteek. Verskeie geboue, motors en vragmotors is ook aan die brand gesteek.