Gewelddadige reaksie op kompromiskandidaat

Didiza

Thoko Didiza is die voormalige Minister van Openbare Werke en word gesien as `n kompromiskandidaat wat verhewe is bo die faksiegevegte wat tans binne die Tshwane Metro heers. Sy het 14 jaar ervaring in regering. Didiza, wat in Durban gebore is, is sy volgens die ANC woordvoerder, Khusela Sangoni, deel van die uitvoerende bestuur van een van die ANC-takke in die Metro. Didiza is ook lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee. Die ANC het haar tydens `n mediageleentheid vroeër die week as “Die burgemeester van die mense” beskryf. Dit blyk egter dat die kiesers in Pretoria nie heeltemal saamstem nie.

Minstens een persoon is dood en motors, geboue en busse is aan die brand gesteek. Die geweld, wat oorwegend in Atteridgeville en Mamelodi voorgekom het, het intussen ook na Soshanguve versprei. Die ANC het intussen `n beroep op sy lede in Pretoria gedoen om Didiza as burgemeester te aanvaar. Die faksiegevegte in die Tshwane Metro het so erg geword dat `n persoon kort voor die ANC se aankondiging rakende die burgemeesterskandidaat doodgeskiet is. Die 38-jarige Mollo Modihe is doodgeskiet tydens `n argument oor die volgende burgemeester moet wees. Modihe was `n ondersteuner van die huidige burgemeester, Kgosientso Ramakgopa. Die twee faksies kan verdeel word tussen diegene wat Ramakgopa ondersteun en die wat sy adjunk, Mapiti Matsena.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *