“Stem jy saam as jou burgemeester sê dat witmense diewe, verneukers en leuenaars is?” vra DA-raadslid aan wit ANC-raadslid

Die ANC-burgemeester in die Mangaung-metroraad (Bloemfontein), Olly Mlamleli, het in haar toespraak tydens die metro se begrotingsvergadering na witmense as diewe, verneukers en leuenaars verwys. Die ANC het self drie wit raadslede in Mangaung. In reaksie op die uitlatings het `n DA-raadslid, Gauta Lebitsa, op die ANC-raadslid, Thabo Olivier, se Facebookprofiel gevra of Olivier met die burgemeester se uitlatings saamstem. Verskeie Facebook-gebruikers het gesê dat Lebitsa eerder die uitlatings met die burgemeester moet opneem. Lebitsa het egter daarop gewys dat hy graag `n wit persoon se reaksie op die burgemeester se uitlatings wil kry veral aangesien Olivier en die burgemeester kollega’s is. Olivier het Lebitsa se vraag omseil en geantwoord dat hy “baie dinge vir baie mense kan wees.” Olivier sê hy kan nie beinvloed of dikteer wat ander mense van hom dink nie. “As jy glo dat ek `n dief, verneuker of rassis is dan is dit deur jou bepaal. As jy glo dat ek …. probeer om `n ware en toegewyde Suid-Afrikaner te wees lê dit ook by jou. Daarvoor my vriend, besluit jy.”

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *