Voormalige EFF tesourier: “EFF het uitverkoop”

Die voormalige tesourier van die EFF, Magdalene Moonsamy, het aan die radiostasie, Jacaranda FM gesê dat die EFF uitverkoop het deur te verseker dat die DA aan bewind kom. Sy het ook gevra of die DA tot enige voordeel vir die metro’s gaan wees waar hulle tans regeer. Moonsamy het ook uitgevaar teen die Johannesburgse burgemeester, Herman Mashaba. “Die burgemeester van Johannesburg sê die mense is kriminele. Hy verwys na immigrante, wat ons weet van die kontinent kom, as kriminele. Dit is `n blatante aanval, `n opsetlike kruisiging van die vereniging van Afrika se mense gaan,” het Moonsamy gesê. Die EFF-leierskap het verskeie kere in die verlede daarop gewys dat hulle nie in koalisie met die DA getree het nie maar net “die beter duiwel” gekies het om die metro’s te regeer in plaas van die “erger duiwel” naamlik die ANC.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *