Kallie Kriel bevraagteken kritiek teen Helen Zille se Twitter-plasing

Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel het sy stem by die debat oor Helen Zille se omstrede Twitter-plasing oor kolonialisme gevoeg. Zille het vroeër in `n plasing op Twitter gesê dat diegene wat kolonialisme slegs as negatief beskou aan Suid-Afrika se onafhanklike regstelsel, vervoerinfrastruktuur en watervoorsiening moet dink. Die plasing het hewige kritiek vanuit Zille se eie party, die Demokratiese Alliansie, asook ander partye soos die EFF uitgelok. Kriel het egter in n reaksie gevra of dit reg is dat koloniale geboue soos die Parlement en Uniegebou gebruik word solank dit net nie vermeld word nie. Die debat op Twitter volg ongeveer 18 maande na plasing deur die DA-LP, Dianne Kohler-Barnard soortgelyke reaksie uitgelok het. Barnard het `n plasing gedeel waarin `n positiewe uitlating oor die voormalige president, PW Botha, gemaak is.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *