Die omstrede woordvoerder van die Departement Sport en Ontspanning, Esethu Hasane, sê sodra die onteieningswetgewing deur president Jacob Zuma onderteken is gaan hy `n plakkershut heel bo op Tafelberg oprig. Hasane is in die sop na `n omstede plasing op Twitter.
Kort daarna het AfriForum sy kop geëis. Die DA het ook intussen hulle stem by dié van AfriForum gevoeg.