DA en UDM stamp koppe in Nelson Mandelabaai Metro

Met die koalisievorming in die Nelson Mandelabaai Metro wat Port Elizabeth insluit was die UDM `n belangrike vennoot. Daarom het die adjunk-burgemeesterskap aan Mongameli Bobani van die UDM gegaan. Vanoggend het die DA en die UDM koppe gestamp in `n gesamentlike koukusvergadering. Die UDM het uit die koukusvergadering gestap en ook nie vir die raadsvergadering opgedaag nie. Dit het weer daartoe gelei dat die opposisiepartye, die ANC, EFF, AIC, Patriotic Alliance en die United Front uit die raadsvergadering stap en die DA, COPE en die ACDP sonder `n kworum gelaat het. Dit blyk nou dat die DA en die UDM op drie spesifieke punte koppe stam:

  • Die UDM beskou die aanstelling van Vuyo Zitumane as waarnemende direkteur vir korporatiewe dienste as `n onwettige aanstelling.
  • Die UDM is ook ongelukkig met die skorsing van Mod Ndoyana, wat voorheen daardie posisie bekleë het.
  • Dan is daar ook ongelukkigheid oor die aanstelling van Johann Mettler as die stadsbestuurder sonder dat sy aanstelling aan die provinsiale LUR vir kooperatiewe regering voorgelê is.

Is die koalisie in gedrag?

Nee, nie volgens Mongameli Bobani nie. Hy sê daar is nie `n kraak in die koalisie nie en dat hy steeds adjunk-burgemeester is en Athol Trollip steeds die burgemeester. Trollip het ook gesê dat hulle tans `n meningsverskil met hulle koalisievennote het maar dat hulle gesprekke sal voer en dit sal uitstryk. Beide partye is dit dus eens dat die koalisie sal voortgaan.

Foto: Athol Trollip en Mongameli Bobani

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *