News24 berig dat die kunswerk getiteld F*ck White People wat Woensdag in die Iziko Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad gevandaliseer is, intussen herstel is. Lede van Cape Party het `n plakker op die kunswerk geplak met die bewoording ‘Love thy neighbour’. Die plakker word as `n bewysstuk bewaar. Die leier van die Cape Party, Jack Miller, het aan News24 gesê dat die optrede ’n politieke standpunt was om aandag te vestig op die “ongelooflike rassisme wat Suid-Afrikaanse politiek deurtrek”. Die kunswerk het wel merkbare skade maar word steeds uitgestal. Die kunstenaar, Dean Hutton, sê hy het verskeie dreigemente oor die kunswerk ontvang.
Foto’s:
Die kunstenaar, Dean Hutton.
Lede van die Cape Party bring `n plakker op die omstrede skildery aan. .