Twitter-veldtog ontplof in ANC se gesig

twitter

Die hutsmerk #WeAreAnc wat ten doel gehad het om die ANC se verjaarsdag eerskomende Sondag te bemark het lelik in die regerende party se gesigte ontplof. Die ANC, wat hierdie week 105 jaar oud is, se hutsmerk is vir heel ander doeleindes aangewend. Die radiopersoonlikheid en skrywer, Eusebius McKaiser, het op twitter gesê dat jy nie moet vra wat die ANC vir jou kan doen nie maar wat jou belastinggeld vir die ANC kan doen. `n Ander gebruiker het gesê die ANC beloof Nelson Mandela as hulle stemme soek maar as dienste gelewer word dan kry jy Jacob Zuma. #WeAreANC is tans nommer een op die twitter-ranglys.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *