AIC, VF Plus weier koalisie met ANC

ANC

In die Metsimaholo munisipaliteit het die VF Plus `n koalisie met die ANC van die hand gewys. In dié munisipaliteit, wat Sasolburg insluit, het die ANC 19 raadslede verkry, die DA 12, die EFF agt, die Metsimaholo Community Association twee en die VF Plus een. Die African Independent Congress (AIC) het ook aangedui dat hulle nie in `n koalisie met die ANC sal tree nie. Die AIC dring daarop aan dat Matatiele weer by Kwa-Zulu Natal ingelyf word nadat dit in 2009 by die Oos-Kaap ingelyf is. Dit is uit die dispuut dat die AIC gebore is. Die meerderheid inwoners het in `n destydse referendum aangedui dat hulle eerder deel van Kwa-Zulu Natal wil bly. Die AIC kan `n deurslaggewende rol speel om die ANC in beheer te plaas in die Ekurhuleni metro.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *