Hof moet sê oor kiesersdatabasis

IEC

Die Konstitusionele Hof sal vandag `n dringende aansoek van die Onafhanklike Verkiesingskommissie aanhoor wat sal bepaal of kiesers se adresse voor die verkiesing op 3 Augustus voorsien moet word. Die Grondwet vereis dat vanjaar se munisipale verkiesing nie later nie as 16 Augustus moet plaasvind. Die hof moet egter bepaal of `n vry en regverdige verkiesing aangebied kan word terwyl die OVK oor `n gebrekkige kiesersdatabasis beskik. Volgens die OVK is dit 65% van die adresse op die databasis wat onvolledig is.

 

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *