Mbalula onttrek weer aan debat met Kallie Kriel

Kallie

Die Minister van Sport, Fikile Mbalula, het vir `n tweede keer aan `n debat oor kwota’s met die Uitvoerende Hoof van AfriForum, Kallie Kriel, onttrek. Kriel en Mbalula sou mekaar Sondag 8 Mei in `n debat gepak het. Mbalula het onlangs gesê dat nasionale rugby-, krieket-, atletiek- en netbalspanne planne vir transformasie moet voorlê. Mbalula sê dié unies het nie hulle transformasieteikens behaal nie. Die unies is tussen verbied om aansoek te doen om internasionale toernooie aan te bied. Kriel sê Mbalula se uitlatings strook nie met internasionale regulasies nie en sê die minister probeer om unies af te pers om aan die regering se rasgedrewe transformasie te voldoen.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *