Koalise met EFF sal op DA se voorwaardes wees

Athol

Die federale voorsitter van die DA, Athol Trollip sê indien die DA hom in `n koalisie met die EFF sou begeef dit op die DA se voorwaardes sal wees. Hy het dit egter uitdruklik gestel dat die DA eerstens gaan probeer om `n volstrekte meerderheid in munisipaliteite te behaal. Trollip sê die DA sal nie by koalisises betrokke raak waar sy beleid en beginsels verwater word nie. Trollip is ook die DA se burgemeesterskandidaat in die Nelson Mandela Metro (Port Elizabeth). Gedurende die nasionale verkiesing in 2014 het die ANC minder as 50% van die stemme daar op hom verenig.

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *