Zuma: “Beurtkrag iets van die verlede”

Jacob+Zuma+XXX+high+res

President Jacob Zuma het by Megawatt Park in Johannesburg gesê dat beurtkrag iets van die verlede is. Zuma, vergesel van `n groot aantal lyfwagte, het besoek afgelê by Eskom se hoofkantoor waar hy gespog het dat 2016 tot dusver `n jaar sonder beurtkrag was. “Ek sê gereeld vir mense dat ons dit (beurtkrag) nie meer gaan hê nie. En ek het gewonder vertel ek vir mense die waarheid. Nou kan ek vir hulle sê daar sal nie meer beurtkrag wees nie. Ek was hier en ek het dit gesien.” Zuma het bygevoeg dat hy vol vertroue is in Eskom na hulle voorlegging. “Al was ek nie in enige skool nie het ek dit verstaan. Ek wou in die strate uithardloop en sê ons het gewen. Ek word ook vertel dat ons binnekort surplus energie sal hê wat verkoop kan word.”

 

Gee terugvoer

Your email address will not be published. Required fields are marked *